Afrikaner-groep wil 3 000 wit kruise in Washington vertoon

Loading player...
Die belangegroep, Lex Libertas gaan ’n openbare waakbyeenkoms op die National Mall in Washington DC hou, waar 3 000 wit kruise vertoon gaan word om slagoffers van plaasaanvalle in Suid-Afrika te herdenk. Die groep probeer om daardeur die internasionale aandag op geweld en rassediskriminasie in Suid-Afrika te vestig. Ernst Roets van die groep doen 'n beroep op die VSA om 'n spesiale gesant aan te stel om met kulturele minderhede in Suid-Afrika te skakel en vreedsame selfbestuur te bevorder:
10 Mar 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min