Trump se ondersteuning daal skerp

Loading player...
’n Verdoemende nuwe peiling wys dat Amerikaanse president Donald Trump skerp openbare afkeur in die gesig staar, wat Republikeinse vooruitsigte in die middeltermyn-verkiesings sal beïnvloed. Die jongste NBC News-peiling, wat tussen 27 Februarie en 3 Maart gedoen is, toon dat Demokrate die Republikeine met 6 persentasiepunte lei, met 50 persent teenoor 44 persent, in die stryd om beheer van die Kongres. Volgens die peiling keur 54 persent van die kiesers sy hantering van die situasie in Iran af, terwyl 41 persent dit goedkeur. Trump het ook die steun van sleutelkiesersgroepe verloor wat hom in 2024 ondersteun het, insluitend nie-kollege-opgeleide kiesers, jong mans en Spaans-sprekendes. SkyNews se Mark Stone berig uit Washington.
10 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vasvat van korrupte regeringslui nie goed genoeg, sê GOOD

Die GOOD-party sê senior regeringsamptenare word nie genoeg aanspreeklik gehou vir die misbruik van openbare fondse nie. Die party voer aan daar is te min optrede teen onreëlmatige besteding en dit word nie nie konsekwent regoor die regering toegepas nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die saak van…
25 Apr 2AM 1 min

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min