Groenwaterstof-lokomotiewe kom later

Loading player...
CMB.TECH Namibia beplan om Namibië se groot vloot stilstaande lokomotiewe met groenwaterstof op te gradeer. Die maatskappy se hooftegnologiebeampte, Roy Campe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle met die omskakeling van 'n operasionele lokomotief wil wys hoe waterstof in vragspoor geïntegreer kan word sonder nuwe materiaal of groot infrastruktuurveranderinge. Die maatskappy sal later vanjaar sy eerste groenwaterstof-aangedrewe lokomotief bekendstel. Campe is aan die woord.
10 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vasvat van korrupte regeringslui nie goed genoeg, sê GOOD

Die GOOD-party sê senior regeringsamptenare word nie genoeg aanspreeklik gehou vir die misbruik van openbare fondse nie. Die party voer aan daar is te min optrede teen onreëlmatige besteding en dit word nie nie konsekwent regoor die regering toegepas nie. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die saak van…
25 Apr 2AM 1 min

VSA-hoëlui in Pakistan; Iran weier direkte samesprekinge

President Donald Trump se spesiale gesant Steve Witkoff en presidensiële adviseur Jared Kushner word vandag in Pakistan verwag vir samesprekings oor die Iran-oorlog. Withuis-woordvoerder Karoline Leavitt het Vrydag gesê Teheran het bereidwilligheid tot ‘n gesprek getoon, terwyl visepresident JD Vance gereed staan om te reis indien daar vordering gemaak word…
25 Apr 1AM 1 min

Copps 94.1: Drankduiwel listig in hoofstad

Die drankduiwel het Vrydagaand rooi ligte helder in Windhoek laat flikker met die Copps 94.1-span, in samewerking met die Namibiese polisie, wat sommer uit die staanspoor met ‘n oënskynlik besope jong man moes huishou wat groot amok gemaak het. In nóg ‘n voorval het ‘n groep jong meisies ook hard…
25 Apr 12AM 1 min