NHE het wesenlike uitdagings

Loading player...
Die Nasionale Behuisingsonderneming het onder hernieude kritiek deurgeloop nadat hulle slegs 112 huise in die afgelope finansiële jaar voltooi het, ver onder sy ambisieuse teiken van 5 000 huise per jaar. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die voormalige uitvoerende hoof van die onderneming, Mike Kavekotora, die teiken as onrealisties beskryf, met verwysing na finansiële en kapasiteitsbeperkings. Kavekotora sê die onderneming het nie die befondsing en tegniese bevoegdheid om lewering op te skaal nie, en voer aan dat hy sonder beduidende regeringsondersteuning streng op laekostebehuising moet fokus.
4 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SME's kla oor burokratiese rompslomp

‘n Voormalige burgemeester van Windhoek, Sadé Gawanas, het ‘n inligtingsessie vir klein- en mediumgrootte ondernemings gehou by die Khomas-streeksraad. Die LPM-lid, self 'n entrepreneur, het haar ontevredenheid uitgespreek oor die burokratiese rompslomp wat klein ondernemings ondervind. Baie van die entrepreneurs het hulle misnoeë oor die Ontwikkelingsbank van Namibië uitgespreek en…
2 Jul 8AM 1 min

Trump kap na kritiek dat hy finansieel baat uit sy amp

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het teruggekap teen bewerings dat hy finansieel voordeel trek uit sy amp en sê hy verdien meer omdat die aandelemark verstewig. Sy persoonlike finansiële onthulling toon hy het verlede jaar 16,4-miljard Namibiese dollar verdien deur beleggings in kripto-geldeenhede, betaling uit tantieme, eiendomsbeleggings en die verkoop…
2 Jul 8AM 1 min

Veeartse aangestel om SA se markte te heropen

Die Departement van Landbou het 'n nuwe groep veeartse by sy In- en Uitvoereenheid verwelkom. Dit volg nadat Suid-Afrika stadig maar seker toegang tot belangrike internasionale markte verkry en sy landbouhandel versterk. Die woordvoerder van die departement, Prince Mtsweni, sê die veeartse se kennis sal nuwe uitvoermoontlikhede ontsluit en die…
2 Jul 6AM 1 min

Starmer vaar uit teen Tories tydens vraag en antwoord-sessie

Tydens vraag en antwoord tyd het Britse eerste minister Keir Starmer nie teruggehou na vrae deur die leier van die Konserwatiewe Party Kemi Badenoch nie. Hy sê die Arbeidersparty het 'n kruppel regering geërf na 14 jaar van mislukking.
2 Jul 6AM 1 min

NLU soek benoemings, asb

Die Namibiese Landbou-unie soek nominasies vir sy jaarlikse toekennings. Tanja Dahl die woordvoerder doen 'n beroep lede om hul benoemings vir die volgende kategorieë in te dien: Boervrou van die Jaar, Media Persoonlikheid van die Jaar, Gemeenskapsprojek van die Jaar en die AgriSter.
2 Jul 6AM 1 min