Sokker: Namibië se Gladiators teen SA in Cosafa-finaal

Loading player...
Namibië se vroue-sokkerspan, die Brave Gladiators, kom môre teen Suid-Afrika in die finaal van die Cosafa Vrouebeker te staan. Die Gladiators het Vrydag geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit na die eindstryd van dié kampioenskap deur te dring toe hulle Zambië 1-0 in hul semifinaal verslaan het. Môre se wedstryd begin om drie-uur in die Peter Mokaba-stadion in Polokwane. Die Gladiators se afrigter, Lucky Kakuva, het Vrydag só op sy span se oorwinning reageer:
28 Feb 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe eier-standaarde sal produsente, publiek beskerm

Namibië ontwikkel 'n nuwe nasionale standaard vir die gehaltebeheer van tafel-eiers, en produsente sal die geleentheid kry om bydraes te maak. Die Namibiese Standaarde-instituut skep die standaard wat van toepassing sal wees op tafel-eiers, en sluit eiers vir verwerking, verkoelde eiers en bewaarde eiers uit. Kosmos 94.1 Nuus het met…
2 Jul 11AM 1 min

Pitso Mosimane 'moet Broos opvolg'

Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, geloof vir die herstel van trots in die nasionale span. Suid-Afrika se Wêreldbeker-veldtog het Sondag geëindig met 'n nederlaag van 1-0 teen die mede-gasheer, Kanada, in Los Angeles nadat die span die eerste…
2 Jul 11AM 1 min

MTC oorhandig Nama-toekennings intellektuele eiendom aan kultuurministerie

MTC het al die intellektuele eiendom geassosieer met die Namibiese jaarlikse musiektoekennings, of Nama-toekennings, aan die kultuurministerie oorhandig. Volgens MTC is die handelsmerk van die Nama-toekennings meer as 400 miljoen Namibiese dollar werd. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndakalako Shilongo, kommunikasiebeampte van MTC gepraat.
2 Jul 10AM 1 min

Nee, tolhekke is nie op pad nie

Vervoerminister Veikko Nekundi sê die regering het planne verwerp om tolhekke op paaie in te stel. Daar was volgens hom, 'n studie in 2021 gedoen en dit het tussen 21 en 23 tolhekke landwyd in die vooruitsig gestel, met 'n geprojekteerde jaarlikse inkomste van tussen 500 miljoen en 750 miljoen…
2 Jul 10AM 1 min