
Tories sê Starmer se tyd is verby na Mandelson-skandale
Loading player...
Die Britse Konserwatiewe leier, Kemi Badenoch, sê die inhegtenisneming van die gewese ambassadeur in Amerika, Peter Mandelson, is 'n bepalende oomblik vir eerste minister Keir Starmer. Mandelson is aangekeer vir beweerde wangedrag in 'n openbare amp en op borgtog vrygelaat. Hy het na bewering sensitiewe regeringsinligting aan die ontslape veroordeelde seksmisdadiger Jeffrey Epstein uitgelek terwyl hy minister van Sakeondernemings was. Badenoch sê Starmer se tyd is verstreke:

