
Begrotings, sonde-belasting en sindikate
Loading player...
Terwyl Namibië se nasionale begroting Donderdag ter tafel gelê word, is dit die buurland se beurt Woensdagmiddag. Terwyl Namibië ook uitdagings ervaar met drank- en sigaretsmokkelary, is dit nie naby die vlakke van Suid-Afrika nie. Tax Justice South Africa waarsku die finansminister, Enoch Godongwana, teen die verhoging van "sonde"-belasting voor onwettige handel nie aangespreek word nie. Die leier van die organisasie, Yusuf Abramjee, sê misdaadsindikate beheer nou 75-persent van sigarette en 18-persent van alkohol, wat die staat jaarliks miljarde kos. Hy waarsku dat aksynsverhogings sonder sterker wetstoepassing, grensbeheer en vervolging misdadigers sal verryk terwyl dit belastingbetalers benadeel.

