Die Landdroshof in Alexandra, Johannesburg, het die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe en sy medebeskuldigde se borgtogaansoeke tot volgende Dinsdag uitgestel. Bellarmine Mugabe en Tobias Matonze staan tereg op onder meer poging tot moord en regsverydeling nadat 'n tuinier by Mugabe se huis in Hydepark geskiet is…
Sokker: Arsenal is nou vyf punte voor Manchester City bo-aan die Premierliga-punteleer na 'n oortuigende oorwinning van 4-1 oor Tottenham Hotspur. Eberech Eze en Viktor Gyokeres het elk twee doele aangeteken vir Gunners, wat nou 61 punte het met tien wedstryde oor. City het 56 punte met een wedstryd meer…
Die derde uitgawe van die Old Mutual-stigting se Jeug Indaba het in Ongwediva afgesluit, waar sowat 150 jong Namibiërs praktiese vaardighede ontvang het om hul indiensneembaarheid te verbeter. Die platform, wat leerders, studente, jong professionele persone en bedryfsleiers bymekaarbring, fokus op die voorbereiding van die jeug vir die oorgang van…
Reaksie word ontvang op die nuus dat Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy wêreldwye invoertariewe van 15 persent sal instel, nadat die Hooggeregshof sy vorige tariewe omvergewerp het. Daar is vandag bekendgemaak dat die nuwe tariewe môre in werking sal tree. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou ekonoom dr…
Reaksie word ontvang op berigte deur die Tender Bulletin dat die Maatskaplike Voorsorgkommissie moontlik die staat se mediese fonds, Psemas, sal oorneem en bestuur. Methealth bestuur die fonds sedert 2003. Die aankondiging kom te midde van ‘n herrie wat losgebars het met staatsamptenare wat vanaf 1 April staatsgesondheidsdienste moet gebruik…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.