Gryp in om suikerbedryf te red, pleit Suikerrietkwekersvereniging

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om dringend in te gryp om die suikerbedryf te red. Die organisasie waarsku Tongaat Hulett se moontlike likwidasie bedreig 18 000 produsente, 40 000 werksgeleenthede en landelike ekonomieë in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die voorsitter van die vereniging, Higgins Mdluli, vra die regering om meulens aan die gang te hou, suikerinvoerpryse te hersien, suikerbelasting te skrap en plaaslike produksie te ondersteun ten einde werksgeleenthede te beskerm en ekonomiese bestendigheid te verseker:
21 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamPost kondig Julie toelaag-siklus aan

Begunstigdes van maatskaplike kontanttoelaes reg oor die land kan nou voorberei om hul Julie-betalings te ontvang, aangesien NamPost amptelik die aanvang van die nuwe betalingsiklus aangekondig het. Mobiele betalings sal vandag begin, terwyl invorderings by takke en poskantore op geskeduleerde datums sal plaasvind. NamPost-woordvoerder Joseph Teofelus het meer:
3 Jul 2AM 1 min

Zelensky beloof wraak na Kiëf-aanvalle

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het beloof om wraak te neem ná Rusland se aanvalle op Kiëf waarin minstens 27 mense dood en 91, insluitend twee kinders, gewond is. Moskou het byna 500 hommeltuie en meer as 70 missiele op Oekraïne afgevuur en woongeboue en militêre basisse beskadig. Rusland se…
3 Jul 2AM 1 min

Matlala se pleitooreenkoms verwerp, hoe nou vra DA

Die DA het 'n beroep gedoen op verantwoording oor die hantering van die tenderpreneur Vusimusi “Cat” Matlala se pleit- en vonnisooreenkoms nadat die Pretoriase Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof die ooreenkoms verwerp het. Jan de Villiers van die party het die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, versoek om te verduidelik wie…
3 Jul 2AM 1 min

Zim maak ommekeer, sal burgers help huis toe kom

Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, sê sy regering is gereed om burgers te ondersteun wat uit Suid-Afrika terugkeer ná die betogings teen onwettige immigrante. Dit volg nadat betogings reg oor Suid-Afrika vrese onder buitelandse burgers veroorsaak het, met verskeie buurlande wat burgers tans help om terug te keer huis toe…
3 Jul 2AM 1 min

Lamola las ondersoek na Zuma en Gupta se Indië besoek

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië wek kommer. Die MK-partyleier verskyn op ʼn foto saam met die voortvlugtige Ajay Gupta en Suid-Afrika se hoë kommissaris in Indië, Anil Sooklal, by die Sidipeeth Shri Dakshin Kali tempel in Haridwar…
3 Jul 1AM 1 min