Net nog enetjie | John Deere-huisen se nalaten-skaap | Ep. 66

Loading player...
John Steenhuisen het Woensdagoggend aangekondig dag hy nie weer as partyleier verkiesbaar sal wees in April tydens die DA se federale kongres nie. Hy sal eerder as minister van landbou al sy energie stort in die reuse-bek-en-kloukrisis wat tans in die land heers.

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor John Deere-huisen se nalaten-skaap as DA-leier en sy toekoms as landbouminister.
4 Feb Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Die son sak oor Alles-ras | Ep. 73

Daar is toenemende konsensus dat die huidige stelsel nie werk nie. Waar sommige dit al jare lank uitwys, begin ander dit nou eers – soms huiwerig – erken. Tog is daar steeds diegene wat hardnekkig vasklou aan die idee dat die beleid moreel reg is, en dat slegs die implementering…
25 Mar 23 min

Net nog enetjie | Begroting-babelas | Ep. 69

Luister nou na hierdie week se aflewering van Net nog enetjie waarin Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die 2026-begroting gesels. Enoch Godongwana, minister van finansies, het Woensdag sy begrotingsrede vir die jaar gelewer – hierdie tyd verlede jaar het die land gespartel en almal gepraat oor die…
26 Feb 22 min