Maroela Media Net nog enetjie

Net nog enetjie

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico.
Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom.
"Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · News
42 Episodes
1 – 20

Net nog enetjie | Die regering word RN-Een | Ep. 42

Die regering van nasionale eenheid is hierdie week ’n jaar gelede gevorm. In hierdie week se episode van Net nog enetjie vra Christel Cornelissen, Nico Strydom en Connie Mulder of dit alles die moeite werd was. Die drie doen ’n bestekopname van alles wat die afgelope jaar gebeur het, of…
6 Jun 33 min

Net nog enetjie | Ramp vs. Trump in die Withuis | Ep. 40

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die Trump vs. Ramp wat Woensdagaand in die Withuis afgespeel het. Ons het maande lank in afwagting gesit en wag om te sien of die Suid-Afrikaanse regering ook ʼn afvaardiging na die…
22 May 34 min

Net nog enetjie | Sê politieke partye RNE of RN-nee? | Ep. 38

In hierdie week se aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die ANC se “wil jy of wil jy nie”-dans met die RNE-vennote. Tans lyk dit asof die ANC wag vir die DA om te loop, en die DA wag vir die ANC…
10 Apr 34 min

Net nog enetjie | Die begin van die RNE se einde | Ep. 37

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor of die RNE uiteindelik sy (regering van nasionale) einde bereik het? Tans lyk dit asof Ramaphosa sy houtwerkvaardighede gaan moet opskerp, omdat hy binnekort dalk aan ʼn nuwe kabinet gaan moet timmer.
3 Apr 46 min

Net nog enetjie | VSA ruk die diplomatieke mat onder Rasool uit | Ep. 35

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en Christel Cornelissen oor die sondes van Ebrahim Rasool, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur na die VSA. Na Rasool uit Amerika geskop is, het die ANC verbasend genoeg nie tot sy verdediging gesnel nie. Dit lyk al meer…
18 Mar 36 min

Net nog enetjie | Moet Afrikaners eerder Amerikaners word? | Ep. 30

In hierdie aflewering van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor Amerikaanse president Donald Trump se stap om Afrikaners vlugtelingstatus toe te staan – weens onder andere die legio rassewetgewing en diskriminasie wat die norm is. Amerika soek al ʼn rukkie na ʼn stok om…
11 Feb 31 min

Net nog enetjie | Amerika se geduld met Suid-Afrika is op | Ep. 29

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Nico Strydom en Christel Cornelissen oor die jakkals wat Amerikaanse president Donald Trump in Suid-Afrika se hoenderhok gegooi het. Amerika se geduld met Suid-Afrika is op, en iemand gaan ʼn prys hiervoor betaal.
5 Feb 26 min

Net nog enetjie | Trump trek terug Withuis toe | Ep. 27

Donald Trump is terug en gereed om te regeer. In dié aflewering van Net nog enetjie bespreek ons hoe die volgende vier jaar onder Trump 2.0 gaan lyk. Trump het ʼn besige eerste dag op kantoor gehad, en die res van sy termyn gaan waarskynlik nóg bedrywighede inhou. Terwyl Trump…
22 Jan 35 min

‘Net nog enetjie’ | Die ANC se innerlike konflik oor Bela | Ep. 25

Sommiges in die ANC is kwaad oor dié ooreenkoms. Sommiges ontken dat daar ooit ʼn ooreenkoms onderteken is en ander baklei sommer net om te baklei. Een man wat verbasend stil bly oor die skikkingsooreenkoms tussen Solidariteit en die regering, is Panyaza Lesufi. Was sy internet dalk die afgelope week…
4 Dec 2024 37 min

'Net nog enetjie' | Die regering skik met Solidariteit oor Bela | Ep.24

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die regering en Solidariteit wat geskik het oor die Bela-wetgewing. Die burgerlike samelewing het die afgelope maande met die regering onderhandel om Afrikaanse skole te probeer red – nou het die presidensie…
28 Nov 2024 41 min

‘Net nog enetjie’ | Die polisie ry zama-zama’s se medikasie aan | Ep. 23

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor die myn-sage wat tans uitspeel in Stilfontein. Daar is honderde (moontlik duisende) onwettige myners wat nou ondergronds vassit. Moet ʼn mens vir hulle jammer voel? Is dit reg dat misdadigers nou vereis…
20 Nov 2024 46 min
1 – 20