Net nog enetjie | John Steenhuisen in die bek geruk

Loading player...
Net nog enetjie | John Steenhuisen in die bek geruk | Ep 81

In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor John Steenhuisen wat die trekpas gekry het. Geordin Hill-Lewis, federale leier van die DA, het besluit om John Steenhuisen as minister van landbou te verwyder en Willie Aucamp in sy plek aan te stel. Is hierdie skuif ’n paar maande en hofsake te laat of kan dit dalk nog stemme onder boere en Afrikaners help terugwen ná die skade wat Steenhuisen verrig het?
Chapters
  • 00:00 Uitknipsel
  • 00:41 Welkom terug
  • 02:00 Hill-Lews verwyder Steenhuisen as minister van landbou
  • 07:30 Willie Aucamp slaggereed om landboubedryf te dien
18 Jun Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Meer mag aan die mense! | Ep. 89

In dié week se aflewering van Net nog enetjie gesels Nico Strydom, Connie Mulder en gasaanbieder Tania Heyns oor die DA se pas bekendgestelde 2026-verkiesingsmanifes. Dié nuwe verkiesingsmanifes erken ʼn ongemaklike werklikheid: wat tans in die meeste munisipaliteite gebeur, werk eenvoudig nie. As die huidige antwoord nie werk nie, is…
13 Aug 25 min

Net nog enetjie | Vir wie om te stem | Ep. 88

Kom elke week saam vir 'n bier na werk en nuuspraatjies saam met Christel, Connie en Nico. Aanbieders: Christel Cornelissen, Connie Mulder en Nico Strydom. "Net nog enetjie" word vervaardig deur Maroela Media.
5 Aug 26 min

Net nog enetjie | Waghond, bloedhond, skoothond of muishond? | Ep. 87

Die media word dikwels beskryf as die samelewing se waghond – die instansie wat daarmee getaak is om die maghebbers dop te hou en aanspreeklik te hou. Maar hoeveel vertroue het mense vandag nog in die media? En wanneer verander ʼn waghond in ʼn bloedhond, skoothond of selfs ʼn muishond?…
30 Jul 23 min