
Ramaphosa sê Limpopo sal bystand kry
Loading player...
President Cyril Ramaphosa beskryf die swaar reën in Limpopo as rampspoedig. Hy het die provinsie gister besoek om die omvang van die skade en die regering se reaksie te bepaal. ʼn Seun is vroeër die week in die Mutale-rivier meegesleur en ʼn vierjarige het Woensdag by die Mbaula-nedersetting verdrink. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se waarskuwing vir die provinsie is tot ʼn rooi vlak 10 verhoog wat die hoogste waarskuwing is. Ramaphosa sê die regering sal die betrokke inwoners help met herbouwerk:

