Ruimtevaarders veilig terug, mediese ondersoeke aan die gang

Loading player...
Vier ruimtevaarders wat van die Internasionale Ruimtestasie ontruim is, is terug op Aarde nadat hul verblyf in die ruimte met 'n maand verkort is weens 'n ernstige mediese situasie. Die span het mediese ondersoeke ondergaan voordat hulle aan wal gegaan het nadat hulle in die see aan die kus van Kalifornië neergeplons het. Die identiteit van die bemanningslid en besonderhede oor die gesondheidsprobleem sal waarskynlik nie vrygestel word nie. Die ruimtevaarders het op 1 Augustus by die ruimtestasie aangekom en sou middel-Februarie teruggekeer het Aarde toe. Nasa-beampte Jared Isaacman het met Fox News gepraat.
15 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS in Tuinroete bevestig

Die Wes-Kaapse regering wag steeds op die uitslag van toetse wat vir bek-en-klouseer gedoen is. Die monsters is onlangs op ʼn plaas in die Tuinroete-distrik geneem. Die munisipaliteit se woordvoerder, Herman Pieters, sê beeste met moontlike simptome is aan die westekant van George opgemerk waarna monsters geneem en na ʼn…
17 Feb 5AM 1 min

Guterres bepleit billikheid tydens Ramadan

Miljoene Moslems begin vandag met Ramadan, een van die heiligste tye vir die geloof. Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres vra dat in die verdeelde tye, moet die wêreld ag slaan op Ramadan se blywende boodskap om gapings te oorbrug, hulp en hoop te bied aan diegene wat ly en…
17 Feb 5AM 1 min

Privaatsektor moet op vaardighede fokus

Vaardigheidsoordrag in Namibië is onder die loep, na 'n vierdejaar natuur- en wildbewaringstudent gesê het die koste van internskappe, wat nodig is om te gradueer, plaaslike studente verhoed om die beroep te betree. Privaat- en nie-regeringsorganisasies in die bedryf bied internskappe aan vir Namibiese studente, maar dikwels teen meer as…
17 Feb 5AM 1 min

Wat gaan BoN môre met repokoers doen?

Die sentrale bank se monetêre beleidskomitee vergader vandag met die repokoers wat môre aangekondig sal word. Suid Afrika se repokoers is onveranderd op 6,75 persent in Januarie gehou met Namibië wat tans op 6,5 persent staan. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom, Oliver Diggle gepraat vir sy voorspelling.
17 Feb 5AM 1 min

NaCC vind ook ongerymdhede met oorname van 52 vulstasies

Voorlopige bevindinge deur die Namibiese Mededingingskommissie waarsku dat 'n voorgestelde ooreenkoms, een maatskappy oorweldigende beheer oor Namibië se brandstofkleinhandelmark kan gee. Die plan sal daartoe lei dat Nasan Energies Namibia, 52 Engen- en Shell-handelsmerk-vulstasies van Vivo Energy Namibia verkry, wat 'n potensiële markaandeel van 70 tot 80 persent skep. Nasan…
17 Feb 5AM 1 min