
DA sê Lamola moet Iran by VN aangee oor mensregte vergrype
Loading player...
Die DA doen 'n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, om Iran by die Verenigde Nasies se Menseregteraad aan te gee oor die gewelddadige onderdrukking van burgerlike protesoptogte, wat na bewering reeds tot die dood van duisende mense gelei het. Die party sê die regering staan voor 'n morele toets en moet teen hierdie vergrype optree. Ryan Smith van die DA sê Suid-Afrika het 'n plig om vryheid en menseregte te verdedig en moet outokratiese regimes kritiseer:

