Hoewel Januarie se algehele jaarlikse inflasiekoers op 2,9 persent ingekom het en die laagste was in minstens 12 maande, was inflasie onder huishoudings 4,6 persent. Dit was die hoogste van alle afdelings. Kosmos 94.1 Nuus het met Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm gepraat. Hy sê die druk op…
Statistieke Suid-Afrika sê die werkloosheidsyfer het effens gedaal tot 31,4-persent in die laaste kwartaal van verlede jaar. Die kwartaallikse arbeidsmagopname toon 44 000 meer mense het werk gekry, met 172 000 minder wat werkloos is. Die aantal ontmoedigde werksoekers het egter met 233 000 toegeneem. Dihlolelo Phoshoko van Statistieke SA…
Die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda waarsku dat die groeiende vloei van dwelms na Namibië 'n nasionale bron van kommer moet wees. Hy sê dat gevalle wat in gebiede soos Rehoboth en Windhoek opduik, slegs die oortjies van die seekoei is. Hy sê handelaars versterk hul greep op sommige gemeenskappe, en…
Nasan Energies sê dat hulle nie brandstof sal invoer of vulstasies direk sal bedryf indien die voorgestelde aankoop van 52 Engen- en Shell-persele van Vivo Energy Namibia goedgekeur word nie, en dring daarop aan dat die maatskappy plaaslike vervoerders en onafhanklike handelaars sal gebruik. Dit kom nadat voorlopige bevindinge deur…
Reaksie word ontvang oor NamRA-kommissaris Sam Shivute se uitlating dat hy "gelei was deur God" gedurende 'n nou omstrede werwingsproses. Dit volg op 'n verslag van die Ombudsman se kantoor wat in die parlement ter tafel gelê is en bevind het dat NamRA se werwingsproses van 18 assistent belastingbeamptes in…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.