Besighede 'moet vanjaar tegnologie strategies begin inspan'

Loading player...
Tegnologie-kundiges sê 2026 moet die jaar wees wat Namibiese besighede tegnologie strategies begin gebruik. Kehad Snydewel, besturende direkteur van Green Enterprise Solutions, sê te veel organisasies sien dit steeds as 'n koste eerder as 'n sakebemagtiger. Hy voer aan dat nóg volledig wolkgebaseerde nóg volledig plaaslike stelsels die antwoord is, maar eerder die plasing van die regte werkladings in die regte omgewing. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
9 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dwelmmisbruik, kindermishandeling op Copps 94.1

Copps 94.1 het weer ‘n bedrywige aand in die hoofstad ervaar saam met die Namibiese polisie. Gesinsgeweld is steeds ‘n wesenlike uitdaging en Francois Lottering, wat op voetsoolvlak was, sê verder was daar ook geïsoleerde insidente.
9 Jan 10PM 1 min

Referendum-party veroordeel oefeninge met Iran, China en Rusland

Die Referendum-party veroordeel Suid-Afrika se besluit om gesamentlike vlootoefeninge met Iran en China in Simonstad aan te bied. Robert King van die party sê die skuif skend nie-belyning, ondermyn nasionale veiligheid en plaas druk op verhoudings met Westerse vennote. Hy voer aan dat die oefeninge die openbare mening van die…
9 Jan 10PM 1 min

Dubbele moord tref Gobabis

Personeel van die inligtingministerie in die Omaheke-streek is op 'n moordtoneel in een van die nedersettings in Gobabis. Volgens die ministerie se span het twee mense gesterf. Geen kommunikasie van die polisie is ontvang nie en daar word steeds ondersoek ingestel. Julia Kamarenga van die ministerie se tak in Gobabis…
9 Jan 10AM 1 min

Umalusi staak uitreiking van N3-sertifikate

Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, Umalusi, sal nie nuwe N3-sertifikate uitreik nie. Die uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, het in 'n toespraak oor die Departement van Basiese Onderwys se matriekuitslae, gesê 2025 was die laaste jaar ná die uitfasering van N1- na N3-programme vanaf Januarie…
9 Jan 10AM 1 min