Besighede 'moet vanjaar tegnologie strategies begin inspan'

Loading player...
Tegnologie-kundiges sê 2026 moet die jaar wees wat Namibiese besighede tegnologie strategies begin gebruik. Kehad Snydewel, besturende direkteur van Green Enterprise Solutions, sê te veel organisasies sien dit steeds as 'n koste eerder as 'n sakebemagtiger. Hy voer aan dat nóg volledig wolkgebaseerde nóg volledig plaaslike stelsels die antwoord is, maar eerder die plasing van die regte werkladings in die regte omgewing. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
9 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Farmaseutiese vervaardiging welkom, maar moet volhoubaar wees

Gesondheidminister Esperance Luvindao het verlede jaar planne aangekondig om Namibië se eerste staatsbeheerde farmaseutiese vervaardigingsaanleg binne die volgende vyf jaar te vestig. Dit vorm deel van pogings om die land se gesondheidsorg-selfvoorsiening te versterk. Die ministerie het ook aangedui dat hulle in die eerste fase van beplanning vir die aanleg…
30 Apr 9AM 1 min

Iran-blokkade doeltreffender as bomme: Trump

Oliepryse het weer die hoogte ingeskiet na berigte dat die Amerikaanse president, Donald Trump, oorweeg om die versperring van Iranse hawens te verleng. Brent-ruolie se prys het met byna sewe-persent geklim tot 126 Amerikaanse dollar per vat - die hoogste sedert Rusland se inval in Oekraïne in 2022, en teen…
30 Apr 9AM 1 min

Justisieminister toer gemeenskapshowe

Justisieminister Filemon Wise Immanuel maak vandag 'n kritieke tweedaagse kennismakingstoer van gemeenskapshowe in die Kunene-streek klaar. Die besoek fokus op die evaluering van landelike bedrywighede en die versterking van die vennootskap tussen die regering en tradisionele owerhede. Die ministerie se hoof-kommunikasiebeampte, Edmund Khoaseb, gee meer inligting.
30 Apr 8AM 1 min

Minibus vir 14 passasiers vervoer 34 leerders

Die taakspan van die Tshwane Metropolisiedepartement het 'n minibus op die R-80 Mabopanehoofweg by Theo Martins-poort voorgekeer en daarop beslag gelê weens oorlading en die bedryf van sake sonder 'n permit. Die minibus is gedurende 'n roetinepatrollie voorgekeer. Woordvoerder Puleng Motholo sê daar is vasgestel daar was 34 leerders in…
30 Apr 8AM 1 min