
Farmaseutiese vervaardiging welkom, maar moet volhoubaar wees
Loading player...
Gesondheidminister Esperance Luvindao het verlede jaar planne aangekondig om Namibië se eerste staatsbeheerde farmaseutiese vervaardigingsaanleg binne die volgende vyf jaar te vestig. Dit vorm deel van pogings om die land se gesondheidsorg-selfvoorsiening te versterk. Die ministerie het ook aangedui dat hulle in die eerste fase van beplanning vir die aanleg is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Jurgen Hoffman, voorsitter van die Namibiese Privaatpraktisynsforum gepraat.

