Arsenal loop voorsprong van agt punte op Premierliga-ranglys mis

Loading player...
Arsenal het die geleentheid misgeloop om met ʼn voorsprong van agt punte op die Premierliga-punteleer te spog ná sy wedstryd teen Liverpool met nul-elk geëindig het. Die Gunners het ʼn goue geleentheid gehad nadat sy mededingers, Manchester City en Aston Villa, se wedstryde Woensdag ook gelykop geëindig het. Albei spanne het geleentheid gehad om doele aan te teken, maar kon nie. Mikel Arteta van Arsenal sê hy is teleurgesteld met die uitslag:
9 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

InfoMSME-hub staan klein besighede met raad en daad by

Die Konrad Adenauer-stigting het in samewerking met die Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad amptelik die InfoMSME-hub bekendgestel. Die aanlyn-platform is geskep om mikro, klein en medium ondernemings en nuwe besighede te help om die ondersteuning wat hulle benodig makliker te vind. Gebruikers kan sakeondersteuningsdienste verken, geleenthede ontdek, toegang tot nuttige hulpbronne kry…
30 Apr 10AM 1 min

Land is finansieel stabiel, gou van gryslys af: BoN

Die Bank van Namibië het vandag in die hoofstad saam met Namfisa, Namibië se finansiële stabiliteitsverslag vrygestel. Volgens die twee finansiële instansies is daar geen risiko’s vir die land nie. Anna William, adjunkdirekteur van finansiële stabiliteit en makroprudensiële toesig by die sentrale bank, gee meer inligting.
30 Apr 10AM 1 min

Namibiese professor in VSA soek aksie teen korrupsie

Die Namibiese deeltydse professor by die New York-universiteit, Fillemon Shikomba, is warm onder die kraag oor regsman Sisa Namandje. Hy het op X gedreig hy sal dokumente vrystel wat na bewering Namandje direk aan die Fishrot skandaal verbind. Shikomba het ‘n brief in dié verband aan president Netumbo Nandi Ndaitwah…
30 Apr 10AM 1 min

Farmaseutiese vervaardiging welkom, maar moet volhoubaar wees

Gesondheidminister Esperance Luvindao het verlede jaar planne aangekondig om Namibië se eerste staatsbeheerde farmaseutiese vervaardigingsaanleg binne die volgende vyf jaar te vestig. Dit vorm deel van pogings om die land se gesondheidsorg-selfvoorsiening te versterk. Die ministerie het ook aangedui dat hulle in die eerste fase van beplanning vir die aanleg…
30 Apr 9AM 1 min

Iran-blokkade doeltreffender as bomme: Trump

Oliepryse het weer die hoogte ingeskiet na berigte dat die Amerikaanse president, Donald Trump, oorweeg om die versperring van Iranse hawens te verleng. Brent-ruolie se prys het met byna sewe-persent geklim tot 126 Amerikaanse dollar per vat - die hoogste sedert Rusland se inval in Oekraïne in 2022, en teen…
30 Apr 9AM 1 min