
Maatskaplike druk speel groot rol in selfmoorde
Loading player...
Selfmoordsyfers in Namibië bly hoog, met kenners wat waarsku dat die bykomende druk van Januarie die situasie kan vererger. In net die eerste vier dae van die jaar is 'n kommerwekkende toename in selfmoordverwante sterftes aangemeld, met die polisie wat tussen 31 Desember 2025 en 4 Januarie 2026 ten minste sewe gevalle in verskillende dele van die land aangeteken het. Sielkundige berader Cinde-Lee Koopman van Geluk Psychology Services het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat maatskaplike druk 'n beduidende bydraende faktor tot selfmoorde is.

