
Gevolge van VSA se optrede 'sal ook Namibië beïnvloed'
Loading player...
Die inhegtenisname van die Venezolaanse president Nicolas Maduro deur Amerikaanse spesiale magte bly aktueel en word beskryf as 'n voortsetting van Amerikaanse imperialisme wat nog altyd besonder sterk in Latyns-Amerika was. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus waarsku Herbert Jauch, die voorsitter van die Economic and Social Justice Trust, dat die eensydige optrede van die VSA lande in die Globale Suide, wat Namibië insluit, behoort te bekommer. Die situasie kan ook lei tot verhoogde militêre besteding ten koste van maatskaplike dienste.

