Daar's dalk weer zama zamas ondergronds vasgekeer

Loading player...
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het kommer uitgespreek dat onwettige mynwerkers moontlik in Bapong, Noordwes, vasgekeer is nadat grond ingekalwe het. Ná ʼn besoek deur Natjoints-lede en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, is minstens elf onwettige mynwerkers vasgetrek en beslag gelê op tien masjiengrawe. Masemola sê wetstoepassers moet weekliks inspeksie doen. Hy sê inwoners en operateurs moet regulasies nakom terwyl owerhede inspeksies en nakomingsmaatreëls verskerp:
17 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Meatco se jaarvergadering môre gehou

Meatco se algemene jaarvergadering vind môre plaas en belanghebbendes word aangemoedig om te registreer en dit by te woon. Die vergadering sal in-diepte opdaterings verskaf oor die meetbare vordering van Meatco se finansiële herstel, bestuurshervormings en die ommekeerstrategie wat deur die raad goedgekeur is. Undamuje Hambira, Meatco se kommunikasie-beampte, het…
18 Feb 10PM 1 min

SA se Januarie-inflasie daal effe

Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Januarie tot 3,5-persent verlangsaam vanaf 3,6-persent in Desember, danksy laer brandstofpryse en bestendige voedselkoste. Pryse van rys, mieliemeel, suiwel en eiers het gedaal, maar vleispryse hou aan styg. Brandstof het tot op sy laagste vlak in byna vier jaar gedaal. Ricado Johnson van Statistieke…
18 Feb 10PM 1 min

Dís hoekom Afrika op VN Veiligheidsraad moet wees

Afrika-leiers hernu hul druk vir permanente verteenwoordiging op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, 20 jaar na die aanneming van die Ezulwini-konsensus en die Sirte-verklaring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die Suid-Afrikaanse politieke kommentator dr. Charles Sinkala dat Afrika se uitsluiting van die magtige globale liggaam beide onregverdig…
18 Feb 10AM 1 min

Tiger Woods sê hy kan moontlik aan Meesters deelneem

Gholf: Die vyftienmalige major-kampioen Tiger Woods sê sy deelname aan vanjaar se Meesters is steeds 'n moontlikheid. Die 50 jarige Woods het sedert Julie 2024 nog nie weer aan 'n amptelike PGA-toerbyeenkoms deelgeneem nie. Die Amerikaner het die hele 2025-seisoen misgeloop nadat hy sy hakskeensening in Maart geskeur het voor…
18 Feb 10AM 1 min