Meatco se algemene jaarvergadering vind môre plaas en belanghebbendes word aangemoedig om te registreer en dit by te woon. Die vergadering sal in-diepte opdaterings verskaf oor die meetbare vordering van Meatco se finansiële herstel, bestuurshervormings en die ommekeerstrategie wat deur die raad goedgekeur is. Undamuje Hambira, Meatco se kommunikasie-beampte, het…
Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Januarie tot 3,5-persent verlangsaam vanaf 3,6-persent in Desember, danksy laer brandstofpryse en bestendige voedselkoste. Pryse van rys, mieliemeel, suiwel en eiers het gedaal, maar vleispryse hou aan styg. Brandstof het tot op sy laagste vlak in byna vier jaar gedaal. Ricado Johnson van Statistieke…
Afrika-leiers hernu hul druk vir permanente verteenwoordiging op die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, 20 jaar na die aanneming van die Ezulwini-konsensus en die Sirte-verklaring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die Suid-Afrikaanse politieke kommentator dr. Charles Sinkala dat Afrika se uitsluiting van die magtige globale liggaam beide onregverdig…
Gholf: Die vyftienmalige major-kampioen Tiger Woods sê sy deelname aan vanjaar se Meesters is steeds 'n moontlikheid. Die 50 jarige Woods het sedert Julie 2024 nog nie weer aan 'n amptelike PGA-toerbyeenkoms deelgeneem nie. Die Amerikaner het die hele 2025-seisoen misgeloop nadat hy sy hakskeensening in Maart geskeur het voor…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.