Minimum betalings verpligtend by Unam-registrasie

Loading player...
Unam het studente in kennis gestel dat verpligte minimum betalings voor of tydens 2026-registrasie van toepassing sal wees. Namibiese studente moet 6 975 Namibiese dollar betaal, SAOG-studente 12 125 dollar, en nie- SAOG-studente 20 775 dollar, wat onder andere klasgelddeposito's, registrasie en tegnologiefooie dek. Woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alle uitstaande saldo's vereffen moet word om voordeel te trek uit die gesubsidieerde tersiêre opleiding in 2026.
16 Dec 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA loods intelligensie-operasies oor onwettige immigrante

Die Departement van Binnelandse Sake het sewe Keniaanse burgers in Johannesburg in hegtenis geneem omdat hul met toeristevisums onwettig in Suid-Afrika gewerk het. Dit volg op intelligensie-geleide operasies gemik op 'n sentrum wat vlugtelingaansoeke na Amerika verwerk. Deportasiebevele is aan die mense uitgereik en hul is vyf-jaar-lank in die land…
17 Dec 7PM 1 min

Nick Reiner verskyn in hof, saak tot 7 Januarie uitgestel

Nick Reiner, die jongste seun van die vermoorde Rob en Michelle Singer Reiner, het Woensdag vlugtig in 'n Los Angeles hof verskyn. Hy staan tereg op twee moordklagte, maar is nie gevra om te pleit nie en die saak is uitgestel tot 7 Januarie 2026. Volgens berigte het hy 'n…
17 Dec 7PM 1 min

Zambezi-goewerneur weier om UDP-petisie te ontvang

Die goewerneur van die Zambezi-streek, Dorothy Kabula, het vanmiddag geweier om 'n petisie van die United Democratic Party te ontvang. Die party wat in 2007 verban is weens sy afskeidingsagenda, wou 'n petisie indien dat die Zambezi-streek, histories bekend as die Caprivi-strook, van die res van Namibië afskei. Kabula sê…
17 Dec 10AM 1 min

Gayton McKenzie betreur moord op DJ Warras

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het sy meegevoel betuig na die moord op Warrick Stock, algemeen bekend as DJ Warras, gister in Johannesburg. McKenzie beskryf hom as 'n gerespekteerde uitsaaier en kulturele figuur wat jong talent gekoester en Suid-Afrikaanse skeppendheid gevier het. Hy glo buitelanders betrokke…
17 Dec 10AM 1 min