Behuisingskwessie 'verg realistiese benadering'

Loading player...
Die onlangse Internasionale Menseregtedag het weer die kwessie van behuising in die kollig geplaas Volgens die Nasionale Behuisingsonderneming het Namibië 'n behuisingsagterstand van ongeveer 300 000 eenhede. Om aan hierdie vraag te voldoen, sal die land na raming 76 miljard Namibiese dollar benodig, of na aan die nasionale begroting van 89,4 miljard dollar vir 2025/2026. Dit beklemtoon die behoefte aan 'n meer volhoubare en realistiese benadering. Kosmos 94.1 Nuus het met Sinvula Mudabeti gepraat van die Namibian Lives Matter beweging.
16 Dec 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trans-Kalahari-korridor sekretariaat het kommer oor BKS, vergader

Die Trans-Kalahari-korridor sekretariaat het met die Lewendehawe- en Lewendehawe Produkteraad in Windhoek vergader, waar besprekings gefokus het op die bedreiging van bek-en-klouseer en die impak daarvan op handel langs die korridor. Beide instansies het beklemtoon dat die siekte ernstige ekonomiese risiko's inhou en dat voorkoming beter is as beheer. Kosmos…
18 Feb 11PM 1 min

Nekundi sê Nashinge weier tweedehandse motor

Die leier van die amptelike opposisie in die Nasionale Vergadering, die IPC se Imms Nashinge, het na bewering geweier om twee voertuie, 'n Prado en 'n Fortuner, as sy vervoervoordeel van die vervoerministerie te aanvaar. Vervoerminister Veikko Nekundi het Woensdag in die parlement gesê dat die motors tweedehands was en…
18 Feb 11PM 1 min

Meatco se jaarvergadering môre gehou

Meatco se algemene jaarvergadering vind môre plaas en belanghebbendes word aangemoedig om te registreer en dit by te woon. Die vergadering sal in-diepte opdaterings verskaf oor die meetbare vordering van Meatco se finansiële herstel, bestuurshervormings en die ommekeerstrategie wat deur die raad goedgekeur is. Undamuje Hambira, Meatco se kommunikasie-beampte, het…
18 Feb 10PM 1 min

SA se Januarie-inflasie daal effe

Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Januarie tot 3,5-persent verlangsaam vanaf 3,6-persent in Desember, danksy laer brandstofpryse en bestendige voedselkoste. Pryse van rys, mieliemeel, suiwel en eiers het gedaal, maar vleispryse hou aan styg. Brandstof het tot op sy laagste vlak in byna vier jaar gedaal. Ricado Johnson van Statistieke…
18 Feb 10PM 1 min