
Landbou sê oor voëlgriep by Lüderitz
Loading player...
Die landbouministerie het meer inligting bekend gemaak na sy direktoraat van veeartsenydienste ’n uitbreking van H5N1-hoëpatogeniese voëlgriep onder gewone sterretjies op Lüderitz bevestig. Intussen toon sowat 30 voëls op Mercury-eiland naby Lüderitz ook tekens van die siekte, wat vermoedelik deur migrasievoëls versprei is. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Simon Nghipandulwa gepraat.

