Trump dagvaar BBC vir US$5 miljard

Loading player...
President Donald Trump dagvaar die BBC vir skadevergoeding van 5 miljard Amerikaanse dollar na sy Panorama-program verkeerdelik geredigeer is. Hy sê die korporasie het dit so voorgestel dat hy die 6 Januarie opstand veroorsaak het. Hy het kort voor dokumente by die suidelik distrikshof in Florida ingedien is, met die media gepraat.
16 Dec 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Agra Veilings kyk terug op die jaar

Agra Veilings Namibië het ‘n terugblik op die jaar gegee. Aan die begin van die jaar was daar verskeie onsekerhede in boerdery wat kop uitgesteek het. Knopvelsiekte en bek-en-klouseer wat in Suid Afrika uitgebreek het was kopsere, maar Namibië se boerderybedryf het kop bo water gehou. Kosmos 94.1 Nuus het…
16 Dec 10AM 1 min

Moontlike Salah-skuif na Saoedi-liga verwelkom

Sokker: 'n Ontleder van Meltwater Media Culture, Zubair Timol, sê 'n moontlike skuif deur Mohamed Salah van Liverpool na die Saoedi-liga kan kommersiële vennootskappe, ondersteunerbetrokkenheid en die liga se profiel wêreldwyd verhoog. Timol beklemtoon Salah se Europese stamboom, Kampioeneliga-ervaring en sterkrag as sleutelfaktore wat borgskappe vir luukse handelsmerke kan lok…
16 Dec 10AM 1 min

Minimum betalings verpligtend by Unam-registrasie

Unam het studente in kennis gestel dat verpligte minimum betalings voor of tydens 2026-registrasie van toepassing sal wees. Namibiese studente moet 6 975 Namibiese dollar betaal, SAOG-studente 12 125 dollar, en nie- SAOG-studente 20 775 dollar, wat onder andere klasgelddeposito's, registrasie en tegnologiefooie dek. Woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos…
16 Dec 10AM 1 min

Regering kry kritiek oor beleide sonder wetlike raamwerke

Verskeie beleidsveranderinge is afgekondig sedert die nuwe regering se ampstermyn vanjaar begin het, die vernaamste daarvan waarskynlik die instelling van gratis tersiêre onderwys. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê daar is nog tyd om die nuwe administrasie ‘n kans te gee, maar sover is hy nie tevrede met die besluite wat…
16 Dec 8AM 1 min