AfriForum sê die nasionale rampbestuursentrum het die publiek mislei toe hul nie amptelik bek-en-klouseer, die waterkrisis en onlangse vloede tot nasionale rampe verklaar het nie. Die organisasie doen 'n beroep op die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, om hierdie rampe dringend te verklaar sodat noodbefondsing en…
Agt van die nege skiërs wat vermis was ná Dinsdag se sneeustorting naby Lake Tahoe in Kalifornië, is dood gevind. Een skiër word steeds vermis en is vermoedelik dood. Hulle was deel van ʼn groep van 15 op ʼn driedaagse uitstappie in Kalifornië se Sierra Nevada-berge. Ses mense wat verskeie…
Die Namibiese Revolusionêre Vervoer en Vervaardigingsvakbond, Naretu, is deur die regsverteenwoordigers van Namib Poultry Industries aangesê om sy uitsprake oor die maatskappy te staak. Hulle sê dat Naretu valslik beweer dat die maatskappy rassistiese indiensnemingspraktyke gebruik, wit werknemers bevoordeel en op wit oppergesag gebou is. Dit is na bewering op…
Rise Mzansi doen 'n beroep op die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend Suid-Afrika se dobbelkrisis aan te spreek. Die party sê landsburgers het verlede jaar meer as 1,5 triljoen Suid-Afrikaanse rand uitgedobbel, terwyl operateurs minimale belasting betaal het en byna geen bydrae gemaak het tot…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.