Uitstel van Apartheidswet-voorleggings verwelkom

Loading player...
Al Jama-ah het die parlement se uitstel verwelkom van die spertyd vir geskrewe voorleggings op die voorgestelde Apartheidwet tot Februarie 2026. Die wet het ten doel om Suid-Afrika se verpligtinge onder die VN Konvensie oor Apartheid af te dwing. Die partyleier Ganief Hendrick sê die proses laat groter openbare deelname toe. Hy hou vol die wetsontwerp sal nie godsdiensvryheid ondermyn nie en sal bydra tot aanspreeklikheid vir apartheid as 'n misdaad teen die mensdom:
15 Dec 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AfriForum vra ramptoestande oor water, en vloede

AfriForum sê die nasionale rampbestuursentrum het die publiek mislei toe hul nie amptelik bek-en-klouseer, die waterkrisis en onlangse vloede tot nasionale rampe verklaar het nie. Die organisasie doen 'n beroep op die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, om hierdie rampe dringend te verklaar sodat noodbefondsing en…
19 Feb 1AM 1 min

Kaliforniese spanne vind oorskot van 8 uit 9 vermiste skieërs

Agt van die nege skiërs wat vermis was ná Dinsdag se sneeustorting naby Lake Tahoe in Kalifornië, is dood gevind. Een skiër word steeds vermis en is vermoedelik dood. Hulle was deel van ʼn groep van 15 op ʼn driedaagse uitstappie in Kalifornië se Sierra Nevada-berge. Ses mense wat verskeie…
19 Feb 1AM 1 min

Naretu plaas sy visier op Namib Poultry

Die Namibiese Revolusionêre Vervoer en Vervaardigingsvakbond, Naretu, is deur die regsverteenwoordigers van Namib Poultry Industries aangesê om sy uitsprake oor die maatskappy te staak. Hulle sê dat Naretu valslik beweer dat die maatskappy rassistiese indiensnemingspraktyke gebruik, wit werknemers bevoordeel en op wit oppergesag gebou is. Dit is na bewering op…
19 Feb 12AM 1 min

Rise soek ingrypings in dobbelkrisis

Rise Mzansi doen 'n beroep op die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend Suid-Afrika se dobbelkrisis aan te spreek. Die party sê landsburgers het verlede jaar meer as 1,5 triljoen Suid-Afrikaanse rand uitgedobbel, terwyl operateurs minimale belasting betaal het en byna geen bydrae gemaak het tot…
19 Feb 12AM 1 min