AfriForum wil weet oor media wat betaal word vir 'spesifieke' beriggewing

Loading player...
AfriForum het aansoeke by die Staatsveiligheidsagentskap en die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ingedien, om ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, bekend te maak watter joernaliste, akademici en kommentators na bewering deur die staat betaal word om openbare mening te beïnvloed. AfriForum-hoof Kallie Kriel beweer twee joernaliste word vergoed om AfriForum en Solidariteit in 'n slegte lig te stel. Die agentskappe het 30 dae om te reageer, voor die saak na die Inligtingsreguleerder of die howe verwys word:
15 Dec 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kaapse owerhede sê 'moenie 'n padvark wees nie'

Die Stad Kaapstad sê hy gaan in die feestyd sy “Moenie 'n padvark wees nie”-veldtog voortsit wanneer verkeersvolumes toeneem. Die veldtog sal voorkombare verkeersopeenhopings bekamp wat veroorsaak word deur bestuurders wat kruisings versper. Dis ʼn oortreding van verkeersregulasies en lei tot verkeersknope. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê…
15 Dec 10PM 1 min

Regisseur Rob Reiner se seun gearresteer vir sy pa en ma se moord

Nick Reiner is in hegtenis geneem op vermoede van moord ná die dood van sy ouers, bekende akteur-regisseur Rob Reiner en Michele Singer Reiner, volgens die Los Angeles-polisiehoof, Jim McDonnell. Die 32-jarige Nick se borgtog is vasgestel op 4 miljoen Amerikaanse dollar. Tronkrekords het Nick aanvanklik van “bende-aktiwiteit” beskuldig, maar…
15 Dec 10PM 1 min

Landbousektor sal swakker vertoon in 2025: BoN

Die Bank van Namibië voorspel 'n inkrimping van 4,2 persent in die landbou-, bosbou- en visserysektor in 2025, meer as die 2,7 persent afname in 2024. Dit word hoofsaaklik gedryf deur 'n skerp daling in veeteelt, wat na verwagting met 22,5 persent sal sak weens kleiner kuddes en beperkte voer…
15 Dec 10AM 1 min

Uitstel van Apartheidswet-voorleggings verwelkom

Al Jama-ah het die parlement se uitstel verwelkom van die spertyd vir geskrewe voorleggings op die voorgestelde Apartheidwet tot Februarie 2026. Die wet het ten doel om Suid-Afrika se verpligtinge onder die VN Konvensie oor Apartheid af te dwing. Die partyleier Ganief Hendrick sê die proses laat groter openbare deelname…
15 Dec 10AM 1 min