
Brockerhoff al weer vas op aanklagte rakende stropery
Loading player...
Vermeende stroper en sindikaat-leier Derrick Brockerhoff is op Kalkrand gearresteer nadat hy gevang is op vermoede van sameswering om beskermde wild te jag. Die vermoede is dat hy agter 'n renoster was. Hy is ook op twee ander aanklagte van wapens en ammunisie vas, sowel as die bestuur van 'n motor sonder 'n lisensieskyf. Op 10 Desember by die B1 pad naby Kalkrand was hy gevang nadat hy probeer vlug het toe hy naby die padblokkade kom. 'n Wapen is uit die venster gegooi. Hy is saam met Immanuel Goseb en Romeo Gereseb gearresteer en sy saak is tot 16 Februarie uitgestel. Hy sal ook 23 en 26 Januarie in Windhoek op twee verskillende sake verskyn. Kosmos 94.1 Nuus het met Hennie Brisley van die Windhoek Streekslandbou-unie gepraat.

