
Unam-visekanselier gesels oor Afrika-Millimeter-teleskoop
Loading player...
Die Namibiese Afrika-Millimeter-teleskoop se omgewingsassesseringsproses is nou in sy omvangsfase. Die teleskoop op die Gamsberg sal 'n 14-meter-skottel hê en sal deel wees van die wêreldwye Event Horizon-teleskoopnetwerk. Die projek word gelei deur Unam se professor Michael Backes, Zandré Duvenhage, dr. Marc Klein Wolt en John Pallett. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het gepraat met Unam se visekanselier, professor Kenneth Matengu, wat op die terrein was.

