
Een vas na skietery by Brown Universiteit
Loading player...
Wetstoepassers het ʼn persoon van belang vasgetrek in verband met die skietvoorval by die Brown Universiteit in Amerika waarin twee studente dood is. Nege ander is beseer toe die 24-jarige Benjamin Erickson van Wisconsin Saterdag op mense by die Ivy League-universiteit in Providence, Rhode Island, losgebrand het. Die verdagte is vroeg gisteroggend by ʼn hotel in Coventry gearresteer. Providence se polisiehoof, Oscar Perez, sê hulle soek nie na nog verdagtes nie:

