Australië steier na massaskietvoorval op Joodse heilige dag

Loading player...
Australië se eerste minister Anthony Albanese sê terrorisme en antisemitisme sal nie in die land geduld word nie ná minstens 15 mense in ‘n skietaanval op Bondi-strand in Sydney dood is. Nóg 40 mense is beseer toe twee mans op feesgangers tydens die eerste dag van Hanukkah losgebrand het. Die polisie het beide verdagtes geskiet – een is dood en die ander in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Albanese het ná ‘n noodvergadering van Australië se nasionale veiligheidsraad die volgende gesê:
14 Dec 2025 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verskeie faktore bedreig inflasie-beheer

Namibië se ekonomie verloor momentum. Die Bank van Namibië berig dat binnelandse aktiwiteit gedurende die eerste drie kwartale van 2025 verlangsaam het, getref deur inkrimpings in landbou, vissery, mynbou en vervaardiging, met groei wat nou na verwagting laer sal wees as wat voorheen voorspel is. Aan die positiewe kant sê…
19 Feb 4AM 1 min

Begroting: Outa vra bestedingsdissipline

Die Organisasie teen Belastingmisbruik moedig die regering aan om op bestedingsdissipline te fokus in plaas daarvan om belasting in vanjaar se begroting te verhoog. Die organisasie sê Suid-Afrika se fiskale uitdagings word veroorsaak deur verkwistende besteding, korrupsie en reddingsboeie vir mislukte staatsentiteite, nie 'n gebrek aan inkomste nie. Die uitvoerende…
19 Feb 4AM 1 min

GRN se inkomste sal vanjaar verminder - ekonoom

NamRA sê ongeveer 68 persent van sy teiken vir die huidige finansiële jaar, of 70 miljard Namibiese dollar is ingesamel teen einde Desember 2025. Tydens 'n gesprek aangebied deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië het ekonoom Salomo Hei van High Economic Intelligence die kwessie van dalende inkomste bespreek.
19 Feb 3AM 1 min

Iran: Trump hoop steeds op diplomatieke oplossing

Die Withuis sê die president, Donald Trump, het nog nie 'n finale besluit geneem oor 'n moontlike militêre aanval op Iran nie. Trump het volgens berigte opsies oor 'n aanval met sy adviseurs bespreek. 'n Gesamentlike aanval deur die VSA en Israel kan glo reeds Saterdag plaasvind. Die die Withuis-woordvoerder,…
19 Feb 3AM 1 min