
Australië steier na massaskietvoorval op Joodse heilige dag
Loading player...
Australië se eerste minister Anthony Albanese sê terrorisme en antisemitisme sal nie in die land geduld word nie ná minstens 15 mense in ‘n skietaanval op Bondi-strand in Sydney dood is. Nóg 40 mense is beseer toe twee mans op feesgangers tydens die eerste dag van Hanukkah losgebrand het. Die polisie het beide verdagtes geskiet – een is dood en die ander in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Albanese het ná ‘n noodvergadering van Australië se nasionale veiligheidsraad die volgende gesê:

