Geen bouplanne goedgekeur vir ingestorte Verulam-tempel

Loading player...
Die eThekwini-munisipaliteit sê geen goedgekeurde bouplanne is ingedien vir die Verulam-tempelgebou wat in Durban, KwaZulu-Natal, ineengestort het nie. Twee mense is dood en drie ander is steeds vasgekeer. Reaksie-eenheid Suid-Afrika sê reddingspanne boor versigtig deur puin om oorlewendes op te spoor. Die gebou het na bewering ineengestort terwyl beton deur 'n mengvragmotor gegooi is. Burgemeester Cyril Xaba sê die voldoeningsregulasies sal nou ondersoek word:
13 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verskeie faktore bedreig inflasie-beheer

Namibië se ekonomie verloor momentum. Die Bank van Namibië berig dat binnelandse aktiwiteit gedurende die eerste drie kwartale van 2025 verlangsaam het, getref deur inkrimpings in landbou, vissery, mynbou en vervaardiging, met groei wat nou na verwagting laer sal wees as wat voorheen voorspel is. Aan die positiewe kant sê…
19 Feb 4AM 1 min

Begroting: Outa vra bestedingsdissipline

Die Organisasie teen Belastingmisbruik moedig die regering aan om op bestedingsdissipline te fokus in plaas daarvan om belasting in vanjaar se begroting te verhoog. Die organisasie sê Suid-Afrika se fiskale uitdagings word veroorsaak deur verkwistende besteding, korrupsie en reddingsboeie vir mislukte staatsentiteite, nie 'n gebrek aan inkomste nie. Die uitvoerende…
19 Feb 4AM 1 min

GRN se inkomste sal vanjaar verminder - ekonoom

NamRA sê ongeveer 68 persent van sy teiken vir die huidige finansiële jaar, of 70 miljard Namibiese dollar is ingesamel teen einde Desember 2025. Tydens 'n gesprek aangebied deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië het ekonoom Salomo Hei van High Economic Intelligence die kwessie van dalende inkomste bespreek.
19 Feb 3AM 1 min

Iran: Trump hoop steeds op diplomatieke oplossing

Die Withuis sê die president, Donald Trump, het nog nie 'n finale besluit geneem oor 'n moontlike militêre aanval op Iran nie. Trump het volgens berigte opsies oor 'n aanval met sy adviseurs bespreek. 'n Gesamentlike aanval deur die VSA en Israel kan glo reeds Saterdag plaasvind. Die die Withuis-woordvoerder,…
19 Feb 3AM 1 min