Taakspan vir politieke moorde was nie permanent vir SAPD nie

Loading player...
Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu sê die taakspan vir politieke moorde was nooit 'n permanente eenheid binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie. Mchunu, wat tans met spesiale verlof is, het gister voor die Madlanga-kommissie in Pretoria verskyn en sal Donderdag sy getuienis voortsit. Mchunu het aan die kommissie gesê dit het hom vyf maande geneem om die departement ten volle te verstaan voordat hy in Desember verlede jaar ingrypende stappe gedoen het om die taakspan te ontbind:
3 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonoom sê Shafudah moet sê oor werk en meer in begroting

Ekonome is versigtig optimisties oor die 2026/27 nasionale begroting wat volgende Donderdag ter tafel gelê sal word, maar sê die fokus moet ferm op werkskepping bly. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu dat die finansminister haar toespraak moet belyn met die Swapo-verkiesingsmanifes deur duidelik…
19 Feb 11PM 1 min

Kritiek oor plan vir verpligte DNS-toetse vir vaderskap

Die kwessie oor verpligte DNS-toetse by geboorte om vir vaderskap toets is tans weer onder bespreking. Die justisieministerie het in 2025 voorgestelde wetgewing daaroor in die Nasionale Vergadering van die hand gewys en gesê dit is 'n saak wat tussen die ouers uitgeklaar moet word. Dit kom na publieke verontwaardiging…
19 Feb 11PM 1 min

Mugabe se seun vas in Jhb na tuinier geskiet is

Die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe, Bellarmine Mugabe, is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy na bewering 'n tuinier by 'n woning in Hydepark geskiet en gewond het. Nog 'n persoon is ook in hegtenis geneem. Die woordvoerder van die polisie, Dimakatso Nevhuhulwi sê die omstandighede…
19 Feb 10PM 1 min

Andrew se arrestasie uiters moeilike oomblik vir koninklikes

Die inhegtenisname Donderdag van Andrew Mountbatten-Windsor op sy 66ste verjaarsdag na hy na bewering sensitiewe handelsinligting van die Britse regering aan sy vriend, die seksoortreder Jeffrey Epstein oorhandig het, maak opslae internasionaal. Andrew is voorheen deur die Epstein-slagoffer Virginia Giuffre by Epstein se praktyke betrek, maar het alle skuld ontken…
19 Feb 10PM 1 min