SAKP bly by besluit om onafhanklik in verkiesings te staan

Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle kon nie die SAKP oorreed om sy besluit te heroorweeg om onafhanklik aan volgende jaar se plaaslike verkiesing deel te neem nie. Die SAKP sê dis omdat die ANC versuim om hom tot die hersamestelling van die alliansie te verbind. Die ANC het voorheen gesê hy sal nie SAKP-ministers en adjunkministers verwyder wat onder die ANC-vaandel dien nie. Mbalula sê egter die kwessie van dubbele lidmaatskap sal moontlik heroorweeg moet word:
2 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa het plan vir Johannesburg

President Cyril Ramaphosa sê Johannesburg, soos baie ander stede in die land, het diensleweringsprobleme. Ramaphosa het by 'n vergadering van die Uitgebreide Presidensiële Koördineringsraad gesê die regering vergader met belangrike rolspelers om oplossings te vind en die nodige hulp aan die stad te verskaf. Ingryping is gemik op voortslepende kwessies…
2 May 12AM 1 min

Landbou steeds grootste werkgewer in Namibië

Landbou, bosbou en visserye is die grootste werkverskaffer in Namibië met 88 277 arbeiders in totaal wat deur dié sektor in diens geneem is. Met 54 618 arbeiders is groot- en kleinhandel die tweede grootste werkgewer, sê die Namibiese Statistiekagentskap, wat dié data ter viering van Internasionale Werkersdag vrygestel het…
1 May 6AM 1 min

Verkiesingskommissie verwelkom 4 November as stemdag in SA

Die Verkiesingskommissie verwelkom die aankondiging dat die plaaslike regeringverkiesing op 4 November gehou sal word, aangesien dit sekerheid bied vir verkiesingsbeplanning. Die kommissie moedig alle stemgeregtigde kiesers aan om te verseker dat hulle in die korrekte stemdistrikte geregistreer is, aangesien kiesers slegs mag stem waar hulle geregistreer is. David Mandaha…
1 May 6AM 1 min

Respekteer werkers, sê vakbond

Vandag is Internasionale Werkersdag en in Namibië is daar ‘n saamtrek van werkers op Walvisbaai. Die internasionale tema vir vanjaar se Werkersdag is "Die versekering van 'n gesonde psigososiale werksomgewing". Maar Namibiërs het 'n ander plan en hul eie tema: Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Onderwysersunie…
1 May 4AM 1 min

Chinese pomp miljarde dollar in Etango-uraanprojek

Bannerman Energy het ’n finansieringsooreenkoms van meer as 5 miljard Namibiese dollar vir die ontwikkeling van sy Etango-uraanprojek in die Namib met die Chinese staatsbeheerde CNNC Overseas beklink. Hiervolgens gaan die Chinese ‘n belang van 45 persent in Bannerman se Britse filiaal bekom, wat 95 persent van Etango besit. Bannerman…
1 May 4AM 1 min