Starmer beken dat China 'n bedreiging is

Loading player...
Die Britse premier, Keir Starmer, sê die Verenigde Koninkryk moet 'n beleid teenoor China handhaaf wat die bedreiging erken wat dit vir sy nasionale veiligheid inhou. 'n MI5-waarskuwing is verlede maand uitgereik oor Chinese spioene wat parlementslede teiken. Starmer se toespraak volg ook te midde van toenemende bespiegeling dat sy regering toestemming sal gee vir die omstrede nuwe Chinese super-ambassade in Londen, ondanks kommer oor nasionale veiligheid. Die premier sê China kan egter nie as vyand geag word nie, weens sy bepalende mag in tegnologie en handel:
2 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa het plan vir Johannesburg

President Cyril Ramaphosa sê Johannesburg, soos baie ander stede in die land, het diensleweringsprobleme. Ramaphosa het by 'n vergadering van die Uitgebreide Presidensiële Koördineringsraad gesê die regering vergader met belangrike rolspelers om oplossings te vind en die nodige hulp aan die stad te verskaf. Ingryping is gemik op voortslepende kwessies…
2 May 12AM 1 min

Landbou steeds grootste werkgewer in Namibië

Landbou, bosbou en visserye is die grootste werkverskaffer in Namibië met 88 277 arbeiders in totaal wat deur dié sektor in diens geneem is. Met 54 618 arbeiders is groot- en kleinhandel die tweede grootste werkgewer, sê die Namibiese Statistiekagentskap, wat dié data ter viering van Internasionale Werkersdag vrygestel het…
1 May 6AM 1 min

Verkiesingskommissie verwelkom 4 November as stemdag in SA

Die Verkiesingskommissie verwelkom die aankondiging dat die plaaslike regeringverkiesing op 4 November gehou sal word, aangesien dit sekerheid bied vir verkiesingsbeplanning. Die kommissie moedig alle stemgeregtigde kiesers aan om te verseker dat hulle in die korrekte stemdistrikte geregistreer is, aangesien kiesers slegs mag stem waar hulle geregistreer is. David Mandaha…
1 May 6AM 1 min

Respekteer werkers, sê vakbond

Vandag is Internasionale Werkersdag en in Namibië is daar ‘n saamtrek van werkers op Walvisbaai. Die internasionale tema vir vanjaar se Werkersdag is "Die versekering van 'n gesonde psigososiale werksomgewing". Maar Namibiërs het 'n ander plan en hul eie tema: Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Onderwysersunie…
1 May 4AM 1 min

Chinese pomp miljarde dollar in Etango-uraanprojek

Bannerman Energy het ’n finansieringsooreenkoms van meer as 5 miljard Namibiese dollar vir die ontwikkeling van sy Etango-uraanprojek in die Namib met die Chinese staatsbeheerde CNNC Overseas beklink. Hiervolgens gaan die Chinese ‘n belang van 45 persent in Bannerman se Britse filiaal bekom, wat 95 persent van Etango besit. Bannerman…
1 May 4AM 1 min