IPC blameer ECN vir swak vertoning

Loading player...
Die amptelike opposisie, die IPC, se ondersteuning het skerp gedaal. Die party het in 2020 vir die plaaslike owerheid 21 persent van die ondersteuning verower teenoor 15 persent vanjaar. Die streeksraad ondersteuning het van 17 persent tot 12 persent gedaal. Die party se parlementêre leier, Imms Nashinge het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het nie swak gevaar en die syfers is te wyte aan die Verkiesingskommissie se wanorde en hulle mislukking om kieserapatie aan te spreek.
1 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vakbonde moet groter rol speel, sê NNN

Vakbonde moet hul rol vergroot deur nie net billike lone en beter werksomstandighede te onderhandel nie, maar ook deurlopende opleiding, heropleiding en opknapping van vaardighede vir werkers te prioritiseer, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Sy het Vrydag tydens Werkersdagvieringe op Opuwo die belangrikheid van samewerking tussen werkers, werkgewers en vakbonde beklemtoon…
2 May 2AM 1 min

Twintig sterf in motorongelukke sedert Woensdag

Twintig mense het sedert Woensdagaand in motorongelukke in Namibië gesterf: Elf Vrydagoggend in ‘n gru-ongeluk naby Otjiwarongo, een in ‘n ongeluk op die pad tussen Usakos en Karibib dieselfde oggend en agt Woensdagaand in ‘n ongeluk naby Arandis. Die slagoffers in die ongeluk naby Otjiwarongo - waarin ‘n minibus van…
2 May 1AM 1 min

Ramaphosa het plan vir Johannesburg

President Cyril Ramaphosa sê Johannesburg, soos baie ander stede in die land, het diensleweringsprobleme. Ramaphosa het by 'n vergadering van die Uitgebreide Presidensiële Koördineringsraad gesê die regering vergader met belangrike rolspelers om oplossings te vind en die nodige hulp aan die stad te verskaf. Ingryping is gemik op voortslepende kwessies…
2 May 12AM 1 min

Landbou steeds grootste werkgewer in Namibië

Landbou, bosbou en visserye is die grootste werkverskaffer in Namibië met 88 277 arbeiders in totaal wat deur dié sektor in diens geneem is. Met 54 618 arbeiders is groot- en kleinhandel die tweede grootste werkgewer, sê die Namibiese Statistiekagentskap, wat dié data ter viering van Internasionale Werkersdag vrygestel het…
1 May 6AM 1 min

Verkiesingskommissie verwelkom 4 November as stemdag in SA

Die Verkiesingskommissie verwelkom die aankondiging dat die plaaslike regeringverkiesing op 4 November gehou sal word, aangesien dit sekerheid bied vir verkiesingsbeplanning. Die kommissie moedig alle stemgeregtigde kiesers aan om te verseker dat hulle in die korrekte stemdistrikte geregistreer is, aangesien kiesers slegs mag stem waar hulle geregistreer is. David Mandaha…
1 May 6AM 1 min