Trustco Group Holdings bevestig dat die 468 miljoen Namibiese dollar Legal Shield Holdings transaksie ten volle afgehandel word, na 'n mislukte oornamepoging deur Riskowitz Value Fund. Kosmos 94.1 Nuus het met Trustco se adjunk-uitvoerende hoof, Quinton van Rooyen Jnr. gepraat.
Die Forum for South Africa vra 'n ondersoek na die buitensporige styging in vleispryse in die land. Nuwe data van Statistieke Suid-Afrika, wys die jaarlikse styging van vleispryse het van Desember tot nou van 12,6-persent tot 13,5-persent gestyg met drie beesvleisprodukte wat die hoogste jaarlikse styging van al 391 produkte…
Die besluit om Eliphas Hawala se kontrak as uitvoerende hoof van Epangelo Mining Company te verleng, het debat tot gevolg gehad. Na 18 jaar aan die stuur van die staatsbeheerde onderneming, is Hawala 'n verlenging van 12 maande toegestaan, ten spyte daarvan dat hy die verpligte aftree-ouderdom bereik het. Intussen…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die toekoms van kunsmatige intelligensie kan nie in die hande van 'n paar lande of die giere van 'n paar miljardêrs oorgelaat word nie. Hy het op die KI-beraad in Nieu-Delhi, Indië, gepraat oor die begin van 'n nuwe era waarin…
Die Vryheidsfront Plus sê hy is bekommerd oor die waterkrisis in die Stad Johannesburg en die metro se voortslepende versuim om agterstallige munisipale skuld in te vorder. Onbetaalde munisipale rekeninge in Johannesburg beloop tans 71-miljard Suid-Afrikaanse rand. ʼn Aansienlike deel hiervan is in gebiede soos Soweto, waar die maandelikse invorderingskoers…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.