Oekraïne sê gesprekke met VSA vorder

Loading player...
Oekraïne se nasionale veiligheidsraadsekretaris, Rustem Umerov, sê die jongste vredesgesprekke met die VSA was produktief en suksesvol. Umerov, wat Kiëf se nuwe hoofonderhandelaar is, het Sondag met Amerikaanse amptenare onder leiding van die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, in Florida vergader vir verdere gesprekke. Amptenare het gefokus op die hersiening van 'n voorgestelde 28-punt-plan wat deur Washington en Rusland ontwikkel is. Umerov sê die vergadering se sukses spruit voort uit vorige gesprekke in Genève:
1 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vakbonde moet groter rol speel, sê NNN

Vakbonde moet hul rol vergroot deur nie net billike lone en beter werksomstandighede te onderhandel nie, maar ook deurlopende opleiding, heropleiding en opknapping van vaardighede vir werkers te prioritiseer, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Sy het Vrydag tydens Werkersdagvieringe op Opuwo die belangrikheid van samewerking tussen werkers, werkgewers en vakbonde beklemtoon…
2 May 2AM 1 min

Twintig sterf in motorongelukke sedert Woensdag

Twintig mense het sedert Woensdagaand in motorongelukke in Namibië gesterf: Elf Vrydagoggend in ‘n gru-ongeluk naby Otjiwarongo, een in ‘n ongeluk op die pad tussen Usakos en Karibib dieselfde oggend en agt Woensdagaand in ‘n ongeluk naby Arandis. Die slagoffers in die ongeluk naby Otjiwarongo - waarin ‘n minibus van…
2 May 1AM 1 min

Ramaphosa het plan vir Johannesburg

President Cyril Ramaphosa sê Johannesburg, soos baie ander stede in die land, het diensleweringsprobleme. Ramaphosa het by 'n vergadering van die Uitgebreide Presidensiële Koördineringsraad gesê die regering vergader met belangrike rolspelers om oplossings te vind en die nodige hulp aan die stad te verskaf. Ingryping is gemik op voortslepende kwessies…
2 May 12AM 1 min

Landbou steeds grootste werkgewer in Namibië

Landbou, bosbou en visserye is die grootste werkverskaffer in Namibië met 88 277 arbeiders in totaal wat deur dié sektor in diens geneem is. Met 54 618 arbeiders is groot- en kleinhandel die tweede grootste werkgewer, sê die Namibiese Statistiekagentskap, wat dié data ter viering van Internasionale Werkersdag vrygestel het…
1 May 6AM 1 min

Verkiesingskommissie verwelkom 4 November as stemdag in SA

Die Verkiesingskommissie verwelkom die aankondiging dat die plaaslike regeringverkiesing op 4 November gehou sal word, aangesien dit sekerheid bied vir verkiesingsbeplanning. Die kommissie moedig alle stemgeregtigde kiesers aan om te verseker dat hulle in die korrekte stemdistrikte geregistreer is, aangesien kiesers slegs mag stem waar hulle geregistreer is. David Mandaha…
1 May 6AM 1 min