Belangehebbendes in die visbedryf moet verantwoordelike visvangpraktyke bevorder, aangesien die sektor toenemende uitdagings in die gesig staar, sê visseryeminister Inge Zaamwani. Sy het Vrydag tydens die 19de jaarlikse Lüderitz-kreeffees kommer uitgespreek oor oorbevissing en klimaatsverandering. Zaamwani het beklemtoon dat samewerking noodsaaklik is om volhoubaarheid, voedselveiligheid en werkskepping te verseker, en…
Vakbonde moet hul rol vergroot deur nie net billike lone en beter werksomstandighede te onderhandel nie, maar ook deurlopende opleiding, heropleiding en opknapping van vaardighede vir werkers te prioritiseer, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Sy het Vrydag tydens Werkersdagvieringe op Opuwo die belangrikheid van samewerking tussen werkers, werkgewers en vakbonde beklemtoon…
Twintig mense het sedert Woensdagaand in motorongelukke in Namibië gesterf: Elf Vrydagoggend in ‘n gru-ongeluk naby Otjiwarongo, een in ‘n ongeluk op die pad tussen Usakos en Karibib dieselfde oggend en agt Woensdagaand in ‘n ongeluk naby Arandis. Die slagoffers in die ongeluk naby Otjiwarongo - waarin ‘n minibus van…
President Cyril Ramaphosa sê Johannesburg, soos baie ander stede in die land, het diensleweringsprobleme. Ramaphosa het by 'n vergadering van die Uitgebreide Presidensiële Koördineringsraad gesê die regering vergader met belangrike rolspelers om oplossings te vind en die nodige hulp aan die stad te verskaf. Ingryping is gemik op voortslepende kwessies…
Landbou, bosbou en visserye is die grootste werkverskaffer in Namibië met 88 277 arbeiders in totaal wat deur dié sektor in diens geneem is. Met 54 618 arbeiders is groot- en kleinhandel die tweede grootste werkgewer, sê die Namibiese Statistiekagentskap, wat dié data ter viering van Internasionale Werkersdag vrygestel het…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.