Die dag wat was, 28 November 2025

Loading player...
Kry die nuus soos dit breek.
28 Nov 2025 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vetsugkrisis bekommer Gauteng gesondheidsdepartement

Die Gautengse Gesondheidsdepartement is bekommerd oor die groeiende vetsugkrisis in die provinsie, wat gepaardgaan met 'n toename in nie-oordraagbare siektes soos diabetes, hoë bloeddruk, beroertes en hartsiektes. Die provinsie het die afgelope 12-maande meer as 67 000 nuwe gevalle van hoë bloeddruk aangeteken. LUR Nomantu Nkomo-Ralehoko sê inwoners se gesondheid…
20 Feb 6AM 1 min

DA sê suikerbedryf se aanpassings moet voorkeur gee aan mededinging

Die onlangse wysigings aan die bestuursreëlings van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging en die suikerbedryf-ooreenkoms wat die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, in die Staatskoerant gepubliseer het, moes lankal in die sektor plaasgevind het. Dit volg met die bevestiging dat Tongaat Hulett bankrot verklaar word nadat sakereddingpraktisyns alles moontlik…
20 Feb 5AM 1 min

Andrew se arrestasie bring verligting vir Epstein-slagoffers

Psigoterapeut Lucy Beresford sê die arrestasie van Andrew Mountbatten-Windsor is ‘n kragtige oomblik vir die slagoffers van Jeffrey Epstein en is amper 'n gevoel van karma dat jy iemand met soveel mag kan sien wat nou soos die res van ons behandel word. Sy het met SkyNews gepraat.
20 Feb 5AM 1 min

Moedertaaldag: Vind maniere om Afrikaans te laat leef

Internasionale Moedertaaldag word op 21 Februarie herdenk en op Kosmos 94.1 is Afrikaans die wagwoord. Vanjaar se tema is, “Die gebruik van tegnologie vir veeltalige onderrig: uitdagings en geleenthede”. Verlede jaar het ons 100 jaar van Afrikaans gevier, vanjaar kyk ons na die voortbou van ons taal. Kosmos 94.1 Nuus…
20 Feb 5AM 1 min

Mynbou, vis dryf jaargroei in produsentepryse

Die gemiddelde verkooppryse wat binnelandse produsente vir hul produksie ontvang het 'n kwartaallikse afname van 3,9 persent in die vierde kwartaal van 2025 getoon, maar het met 3,1 persent op 'n jaarbasis gestyg. Die jongste produsenteprysindeks wat deur die Namibiese Statistiekagentskap vrygestel is, toon dat prysstygings vir goedere uit die…
20 Feb 5AM 1 min