So lyk die grenssluitings vir Desember

Loading player...
Die nuutste grensbeperkings vir beheerde tuinbouprodukte vir 1 tot 31 Desember is vrygestel. Die tydelike beperkings is van toepassing op sekere groentesoorte, om plaaslike produksie met binnelandse vraag te balanseer, en voedselsekerheid en plaaslike landbou te ondersteun. Die beperkings is nie permanent nie, maar aanpassingsmaatreëls gebaseer op marktoestande en produksievoorspellings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Akkerbouraad se tuinbou-ontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham.
28 Nov 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cosatu veroordeel afleggings in SA

Die president van Cosatu, Zingiswa Losi, het werkgewers veroordeel wat voortgaan met afleggings in die huidige ekonomiese klimaat, namate werkskaarste en stygende werkloosheid toeneem. Losi het Vrydag tydens Werkersdagvieringe by die Ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo, gewaarsku dat werkverliese ongelykheid verdiep, en beklemtoon dat dringende ingryping nodig is om…
2 May 4AM 1 min

Tegnologie 'n móét vir volhoubaarheid van visbedryf

Belangehebbendes in die visbedryf moet verantwoordelike visvangpraktyke bevorder, aangesien die sektor toenemende uitdagings in die gesig staar, sê visseryeminister Inge Zaamwani. Sy het Vrydag tydens die 19de jaarlikse Lüderitz-kreeffees kommer uitgespreek oor oorbevissing en klimaatsverandering. Zaamwani het beklemtoon dat samewerking noodsaaklik is om volhoubaarheid, voedselveiligheid en werkskepping te verseker, en…
2 May 3AM 1 min

Vakbonde moet groter rol speel, sê NNN

Vakbonde moet hul rol vergroot deur nie net billike lone en beter werksomstandighede te onderhandel nie, maar ook deurlopende opleiding, heropleiding en opknapping van vaardighede vir werkers te prioritiseer, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Sy het Vrydag tydens Werkersdagvieringe op Opuwo die belangrikheid van samewerking tussen werkers, werkgewers en vakbonde beklemtoon…
2 May 2AM 1 min

Twintig sterf in motorongelukke sedert Woensdag

Twintig mense het sedert Woensdagaand in motorongelukke in Namibië gesterf: Elf Vrydagoggend in ‘n gru-ongeluk naby Otjiwarongo, een in ‘n ongeluk op die pad tussen Usakos en Karibib dieselfde oggend en agt Woensdagaand in ‘n ongeluk naby Arandis. Die slagoffers in die ongeluk naby Otjiwarongo - waarin ‘n minibus van…
2 May 1AM 1 min

Ramaphosa het plan vir Johannesburg

President Cyril Ramaphosa sê Johannesburg, soos baie ander stede in die land, het diensleweringsprobleme. Ramaphosa het by 'n vergadering van die Uitgebreide Presidensiële Koördineringsraad gesê die regering vergader met belangrike rolspelers om oplossings te vind en die nodige hulp aan die stad te verskaf. Ingryping is gemik op voortslepende kwessies…
2 May 12AM 1 min