Die Namibiese Korrektiewe Dienste het berigte van die hand gewys dat die Windhoek Korrektiewe Fasiliteit oorbevolk is. Dit kom te midde van plaaslike mediaberigte dat die fasiliteit, wat ontwerp is om 174 gevangenes te huisves baie meer aanhou. Daar is byvoorbeeld tans 176 Angolese burgers in aanhouding. Kosmos 94.1 Nuus…
Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, sê vyf mynwerkers wat vroeër die week vasgekeer is na 'n modderstorting in die Ekapa-myn in Kimberley in die Noord-Kaap, is vermoedelik dood. Reddingspogings duur voort, maar sal na verwagting langer neem weens water- en boorprobleme. Mantashe sal die gesinne toespreek en…
Die onderwysministerie het die parlement op hoogte gebring van sy kapitaalprojekte landwyd. Adjunk-onderwysminister Dino Ballotti sê ongeveer 508 kapitaalprojekte is in al 14 streke aan die gang, wat deur die ministerie onder die 2025/26-boekjaar-befondsing gefasiliteer word. Die ministerie is in die laaste boekjaar 'n algehele begroting van 24,8 miljard Namibiese…
Die Gautengse Gesondheidsdepartement is bekommerd oor die groeiende vetsugkrisis in die provinsie, wat gepaardgaan met 'n toename in nie-oordraagbare siektes soos diabetes, hoë bloeddruk, beroertes en hartsiektes. Die provinsie het die afgelope 12-maande meer as 67 000 nuwe gevalle van hoë bloeddruk aangeteken. LUR Nomantu Nkomo-Ralehoko sê inwoners se gesondheid…
Die onlangse wysigings aan die bestuursreëlings van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging en die suikerbedryf-ooreenkoms wat die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, in die Staatskoerant gepubliseer het, moes lankal in die sektor plaasgevind het. Dit volg met die bevestiging dat Tongaat Hulett bankrot verklaar word nadat sakereddingpraktisyns alles moontlik…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.