Rusland nie ernstig oor vrede, sê EU-hoof

Loading player...
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê daar is geen teken van ware bereidwilligheid van Rusland om die konflik met Oekraïne te beëindig nie. Dit volg terwyl Amerika pogings verskerp om 'n ooreenkoms tussen Kiëf en Moskou te bemiddel met sy 28-punt-vredesplan. Von der Leyen sê enige vredesooreenkoms moet streng veiligheidswaarborge insluit, en Oekraïne se soewereiniteit moet gehandhaaf word. Sy voeg by Rusland het sedert die begin van die oorlog nog nie sy strategie verander nie:
27 Nov 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kreatiewe sektor soek strukturele duidelikheid

Die regering se hernude fokus op die kreatiewe sektor, waarna dikwels verwys word as die Oranje Ekonomie, gee plaaslike filmprodusente en ander kreatiewe praktisyns nuwe energie. Ingevolge die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan is die sektor as 'n strategiese ekonomiese pilaar verhef. Die staat verbind beleidsaandag, befondsing en institusionele ondersteuning om hierdie…
20 Feb 9AM 1 min

Hoe staatshospitale staatswerkers gaan hanteer is duister

Terwyl die sperdatum van 1 April nader kom vir staatsamptenare om openbare hospitale te gebruik onder ingrypende hervormings aan die Mediese Hulpskema vir Staatsdienswerknemers, Psemas, neem vrae toe oor of die openbare gesondheidstelsel dit kan hanteer. Ongeveer 200 000 staatswerknemers en begunstigdes kan geraak word. Die uitvoerende hoof van die…
20 Feb 9AM 1 min

Regering ken ons nooit in mynbou-kwessies nie: MUN

Reaksie word ontvang op die Internasionale Arbeidsorganisasie wat Namibië gevra het om eienaarskapswanbalanse en werksuitdagings in die mynbousektor aan te spreek. Buitelandse entiteite se myn-eienaarskap is onder andere op meer as 88 persent. Die Mynwerkersunie van Namibië sê hulle word nooit deur die regering geraadpleeg om insae te gee oor…
20 Feb 9AM 1 min

Windhoek tronk g'n oorbevolk, sê diens

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het berigte van die hand gewys dat die Windhoek Korrektiewe Fasiliteit oorbevolk is. Dit kom te midde van plaaslike mediaberigte dat die fasiliteit, wat ontwerp is om 174 gevangenes te huisves baie meer aanhou. Daar is byvoorbeeld tans 176 Angolese burgers in aanhouding. Kosmos 94.1 Nuus…
20 Feb 8AM 1 min

Vyf vasgekeerde Ekapa-mynwerkers vermoedelik dood

Die minister van Minerale en Petroleumbronne, Gwede Mantashe, sê vyf mynwerkers wat vroeër die week vasgekeer is na 'n modderstorting in die Ekapa-myn in Kimberley in die Noord-Kaap, is vermoedelik dood. Reddingspogings duur voort, maar sal na verwagting langer neem weens water- en boorprobleme. Mantashe sal die gesinne toespreek en…
20 Feb 8AM 1 min