Trump sê hy wou verkwiste vergadering met Putin vermy

Loading player...
President Donald Trump sê sy vergadering met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, is af omdat hy nie ‘n verkwiste vergadering wou hê nie. Dit Withuis sê die twee sal nie binnekort sal ontmoet nie. Die twee leiers het verlede week ná ʼn telefoongesprek wat Trump as uiters reguit en produktief beskryf het, ingestem om mekaar in Boedapest, Hongarye, te ontmoet. Die twee het in Augustus in Alaska beraadslaag, maar daar was geen vordering om ʼn skietstilstand te bereik nie.
22 Oct 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA verwelkom BKS-entstowwe, vra nakoming van maatreëls

Die DA het die aankoms van 1 miljoen entstofdosisse verwelkom om die bek-en-klouseer-uitbreking in die land te bestry. Woordvoerder Jan de Villiers sê dit is 'n belangrike stap om landbou-biosekuriteit en die beskerming van die lewensbestaan van boere, werkers en landelike gemeenskappe in Suid-Afrika te bestendig. Hy sê boere, vervoerders,…
23 Feb 5AM 1 min

Sosiale media en kinders: Britse kinderkommissaris hou Aussies fyn dop

Brittanje oorweeg ook, nes Australië, ‘n verbod op sosiale media vir kinders onder 16. Die land se kinderkommissaris, Rachel de Souza, sê hy hou verwikkelinge in daardie land fyn dop terwyl die Verenigde Koninkryk skaaf aan sy plan. Sy sê die Aussies ervaar hulle eie uitdagings.
23 Feb 5AM 1 min

Namibiese toerisme maak staat op buitelanders, en streek

Die onlangse sesde Royale Wealth Management Beleggingsforum het op toerisme in Namibië gefokus. Rene Olivier, stigter van Royale Wealth Management, het met gasspreker Gys Joubert, besturende direkteur van Gondwana Collection Namibia gesels, wat die bespreking oor die onderwerp "Toerisme: 'n Namibiese suksesverhaal" passievol gelei het. Toerisme speel 'n belangrike rol…
23 Feb 4AM 1 min

Aochamub gee oorsig van Meatco-jaarvergadering

Meatco se jaarvergadering het volgens produsente goed afgeloop. Meatco het ook goeie wins gemaak weens meer verslagting. Kosmos 94.1 Nuus het 'n opdatering by die interim hoof uitvoerende beampte, Albertus Aochamub, gekry.
23 Feb 4AM 1 min