Risikobepalings nodig na brandbestryders in Soweto aangeval is

Loading player...
Die UDM versoek die regering om personeelveiligheid eerste te stel deur dringende risikobepalings in munisipaliteite uit te voer. Die party sê brandbestryders is hierdie week aangeval toe hulle reageer het op 'n brand in 'n plakkershut in die Elias Motswaledi informele nedersetting in Soweto. Die UDM se waarnemende sekretaris-generaal, Zandile Phiri, sê tot tyd en wyl wet en orde herstel word en die waardigheid van die staatsdiens teruggeëis word, sal die droom van 'n veilige en werkende Suid-Afrika buite bereik bly:
21 Oct 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA verwelkom BKS-entstowwe, vra nakoming van maatreëls

Die DA het die aankoms van 1 miljoen entstofdosisse verwelkom om die bek-en-klouseer-uitbreking in die land te bestry. Woordvoerder Jan de Villiers sê dit is 'n belangrike stap om landbou-biosekuriteit en die beskerming van die lewensbestaan van boere, werkers en landelike gemeenskappe in Suid-Afrika te bestendig. Hy sê boere, vervoerders,…
23 Feb 5AM 1 min

Sosiale media en kinders: Britse kinderkommissaris hou Aussies fyn dop

Brittanje oorweeg ook, nes Australië, ‘n verbod op sosiale media vir kinders onder 16. Die land se kinderkommissaris, Rachel de Souza, sê hy hou verwikkelinge in daardie land fyn dop terwyl die Verenigde Koninkryk skaaf aan sy plan. Sy sê die Aussies ervaar hulle eie uitdagings.
23 Feb 5AM 1 min

Namibiese toerisme maak staat op buitelanders, en streek

Die onlangse sesde Royale Wealth Management Beleggingsforum het op toerisme in Namibië gefokus. Rene Olivier, stigter van Royale Wealth Management, het met gasspreker Gys Joubert, besturende direkteur van Gondwana Collection Namibia gesels, wat die bespreking oor die onderwerp "Toerisme: 'n Namibiese suksesverhaal" passievol gelei het. Toerisme speel 'n belangrike rol…
23 Feb 4AM 1 min

Aochamub gee oorsig van Meatco-jaarvergadering

Meatco se jaarvergadering het volgens produsente goed afgeloop. Meatco het ook goeie wins gemaak weens meer verslagting. Kosmos 94.1 Nuus het 'n opdatering by die interim hoof uitvoerende beampte, Albertus Aochamub, gekry.
23 Feb 4AM 1 min