Namibië versterk sy kuberverdediging. Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan het 'n vierdaagse Domeinnaamstelsel-veerkragtigheidsopleiding in Windhoek afgesluit wat daarop gemik was om die land se reaksie op groeiende aanlynbedreigings te versterk. Die program het gefokus op kwaadwillige aktiwiteite wat 'n beduidende bedreiging vir internet-integriteit in Suider-Afrika inhou. Cran se woordvoerder Mufaro Nesongano:
Die DA sê president Cyril Ramaphosa moet dringend bepaal of die huidige samestelling en leierskap van die komitee vir die beheer van konvensionele wapens bevoeg is om hul statutêre en grondwetlike verpligtinge na te kom. Volgens die party volg hulle versoek na voortslepende bestuursmislukkings. Die komitee het in 2025 slegs…
Die DA het die aankoms van 1 miljoen entstofdosisse verwelkom om die bek-en-klouseer-uitbreking in die land te bestry. Woordvoerder Jan de Villiers sê dit is 'n belangrike stap om landbou-biosekuriteit en die beskerming van die lewensbestaan van boere, werkers en landelike gemeenskappe in Suid-Afrika te bestendig. Hy sê boere, vervoerders,…
Brittanje oorweeg ook, nes Australië, ‘n verbod op sosiale media vir kinders onder 16. Die land se kinderkommissaris, Rachel de Souza, sê hy hou verwikkelinge in daardie land fyn dop terwyl die Verenigde Koninkryk skaaf aan sy plan. Sy sê die Aussies ervaar hulle eie uitdagings.
Die onlangse sesde Royale Wealth Management Beleggingsforum het op toerisme in Namibië gefokus. Rene Olivier, stigter van Royale Wealth Management, het met gasspreker Gys Joubert, besturende direkteur van Gondwana Collection Namibia gesels, wat die bespreking oor die onderwerp "Toerisme: 'n Namibiese suksesverhaal" passievol gelei het. Toerisme speel 'n belangrike rol…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.