Eise vir 'n ondersoek na oorgrensbusse in SA

Loading player...
Die African United Borders Bus Trucks Association doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om 'n proklamasie te onderteken vir 'n ondersoek na die onwettige bedrywighede van oorgrens-busse. Dit volg nadat 'n busongeluk Sondag op die N1 naby Louis Trichardt 43 lewens geëis het, met die meeste van die passasiers van Zimbabwe en Malawi. Die voorsitter van die vereniging, Mukhwathi Phumuzo, sê busse word reeds jare lank sonder permitte of met bedrieglike permitte in en uit Suid-Afrika toegelaat:
17 Oct 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mugabe-borgtogaansoek tot volgende week uitgestel

Die Landdroshof in Alexandra, Johannesburg, het die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe en sy medebeskuldigde se borgtogaansoeke tot volgende Dinsdag uitgestel. Bellarmine Mugabe en Tobias Matonze staan tereg op onder meer poging tot moord en regsverydeling nadat 'n tuinier by Mugabe se huis in Hydepark geskiet is…
23 Feb 10AM 1 min

Gunners klop Spurs, nou vyf punte voor ManCity

Sokker: Arsenal is nou vyf punte voor Manchester City bo-aan die Premierliga-punteleer na 'n oortuigende oorwinning van 4-1 oor Tottenham Hotspur. Eberech Eze en Viktor Gyokeres het elk twee doele aangeteken vir Gunners, wat nou 61 punte het met tien wedstryde oor. City het 56 punte met een wedstryd meer…
23 Feb 10AM 1 min

Jeug Indaba bemagtig jongmense vir ekonomiese deelname

Die derde uitgawe van die Old Mutual-stigting se Jeug Indaba het in Ongwediva afgesluit, waar sowat 150 jong Namibiërs praktiese vaardighede ontvang het om hul indiensneembaarheid te verbeter. Die platform, wat leerders, studente, jong professionele persone en bedryfsleiers bymekaarbring, fokus op die voorbereiding van die jeug vir die oorgang van…
23 Feb 9AM 1 min

Nuwe Trump-tariewe 'kan Namibiese handel bevoordeel'

Reaksie word ontvang op die nuus dat Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy wêreldwye invoertariewe van 15 persent sal instel, nadat die Hooggeregshof sy vorige tariewe omvergewerp het. Daar is vandag bekendgemaak dat die nuwe tariewe môre in werking sal tree. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou ekonoom dr…
23 Feb 9AM 1 min